Description
Die Prinse vlag is deur Prins Willem van Oranje gebruik in sy stryd teen die Katolieke Kerk. Op 5 April 1566 het Lodewyk van Nassau namens Nederlandse Protestante ‘n versoekskrif aan Margareta van Parma oorhandig. Dit word vertel dat die landvoogde by haar nadering van die groep edeles aan een van haar raadgewers gevra het wie die groep besoekers is en dat sy in Frans geantwoord het: “Dit is slegs ‘n klomp bedelaars!” Hierdie minagtende uitlating het spoedig bekend geword en van toe af noem almal wat teen die regering is hulself “geuse”, wat “bedelaars” beteken. Kort hierna is ook Hollandse hooggeplaastes wat petisies gehou het in die Hof van Barliamont vir Hollandse historiese regte, uitgeskel as “‘n klomp bedelaars”. Patriotte wat ter see teen Spaanse en Rooms katolieke oorheersing geveg het, het hierdie beledigende aanmerking ook as eretitel aangeneem en hulself die “Water bedelaars” of “Watergeuse” begin noem. Toe hierdie “Watergeuse” 1572 die hawe van Den Briel annekseer, en met vlieënde vaandels van oranje, blanje, blou die stad binnevaar het openlike rewolusie losgebars. Dit het die weg gebaan vir verdere opstande wat uiteindelik tot gevolg gehad het dat die regte van die Calvinistiese Protestante erken is. Van toe af het die Prinse vlag “hunne gewone vlag” (volksvlag) geword in teenstelling met die rooi, wit en blou wat uitsluitlik ‘n konings vlag was. Dus is hierdie vlag, die oranje, blanje, blou Prinse vlag die oudste volksvlag ter wêreld.






Reviews
There are no reviews yet.