Natalia Vlag 1839-1843 1.8m x 1.2m

Natalia Vlag 1839-1843 1.8m x 1.2m

R990.00

Alle Vlae is handgemaak met Boere trots!!

1 in stock (can be backordered)

SKU: Nat-1.8x1.2 Category:

Description

Die Natalia Republiek was ‘n Boere Republiek met ‘n kortstondige bestaan. Dit is in 1839 deur Natalse Voortrekkers gestig kort na die beroemde Slag van Bloedrivier. Die republiek was geleë aan die kus van die Indiese Oseaan Oos van die Oos-Kaap en is te vore Natalia gedoop deur Portugese seevaarders. Die republiek is in 1843 deur Brittanje beset en geannekseer.

Die Britte het die Voortrekkers as hulle onderdane beskou en was gekant teen die idee dat hulle onderdane kon wegtrek na grondgebied buite hulle beheer was. Na die Britse anneksasie van die Natalia Republiek het meeste van die Voortrekker Boerse noord na die Transoranje en Transvaal getrek. Die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier is later ook deur Brittanje geannekseer as die Oranjerivier-Soewereiniteit voordat dit later omskep is in die Oranje-Vrystaat republiek en die Zuid-Afrikaansche Republiek in die Transvaal gevestig is.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Natalia Vlag 1839-1843 1.8m x 1.2m”

Your email address will not be published. Required fields are marked *