Description
Gedurende die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het baie burgers gevoel dat aangesien die strewes van die twee Boere Republieke dieselfde was met ‘n gemeenskaplike vyand, hulle ‘n vlag wil gebruik wat beide die Transvaal en die Vrystaat verteenwoordig. ‘n Oranje baan is toe aan die onderkant van die Vierkleur vasgeheg. Hierdie vlag het bekend gestaan as die “oorlogsvlag” of die Taung Vyfkleur. Soos wat die Boere sekere dorpe in die Vrystaat en Noord Kaapland oorwin het, het hulle hierdie vlag voor die munisipale kantore van elke dorp gehys. Dit staan dan as die Vyfkleur bekend.






Reviews
There are no reviews yet.