Description
Die Driekleur van Nederland is die oudste driekleur en het sy eerste verskyning in 1572 as die Prinsevlag in oranje-wit-blou gemaak. Die meer bekende rooi-wit-blou het mettertyd begin verskyn — daar kan nie vasgestel word waarom oranje met rooi vervang is nie. Na 1630 was die rooi-wit-blou die mees algemene vlag. Die Nederlandse Driekleur het as inspirasie gedien vir verskeie nasionale vlae waaronder dié van Rusland, Indië, New York Stad, Suid-Afrika (die Unie-vlag van 1928-1994) en Frankryk waarna die gebruik van die driekleur selfs verder versprei het. Die vlag van Nederland is ook die enigste vlag in die wêreld wat aangepas word vir sekere gebruike soos wanneer ‘n gebeurlikheid betrekking tot die Nederlandse koningshuis het word ‘n oranje lint aan die flag toegevoeg.






Reviews
There are no reviews yet.